Nehemiah 4:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar toe Sanballat hoor dat ons die muur gebou het, het hy kwaad geword en groot verontwaardiging gehad en die Jode gespot.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Sanballat hoor dat hulle besig was om die muur te herstel, was hy baie kwaad. Hy het in woede uitgebars en smalend met die Jode gepraat.
Afrikaans 1933/1953 Maar toe Sanb llat hoor dat ons die muur bou, het hy kwaad geword en hom baie geërg, en hy het met die Jode gespot
Afrikaans 1983 Toe Sanballat hoor ons bou die muur, was hy woedend. Hy het met groot ergernis smalend teen die Judeërs uitgevaar
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Sanballat hoor dat ons besig was om die muur te herbou, het dit hom ontstel en was hy baie geïrriteerd. Hy het die spot gedryf met die Judeërs.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Sanballat hoor dat ons die muur bou, het hy baie kwaad geword. Hy was ontsteld en hy het die Judeërs gespot.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Sanballat hoor dat ons Jerusalem se muur herbou, was hy baie kwaad. Hy het die Jode voor sy vriende en die Samaritaanse soldate beledig.