Nehemiah 3:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En naas hulle het Melatja, die Gibeoniet, en Jadon, die Meronotiet, die manne van Gibeon en Mispa, herstel tot by die troon van die goewerneur wes van die Eufraat.
Afrikaans (NLV) 2011 Langs hulle het Melatja van Gibeon en Jadon van Meronot herstelwerk gedoen. So ook die mense van Gibeon en Mispa waar die hoofkwartier van die goewerneur van die provinsie wes van die Eufraatrivier gesetel was.
Afrikaans 1933/1953 En naas hulle het Mel tja, die Gibeoniet, en Jadon, die Meronotiet, die manne van G¡beon en Mispa, herstel by die setel van die goewerneur van die gebied wes van die Eufraat.
Afrikaans 1983 Die volgende stuk is herstel deur Melatja van Gibeon en Jadon van Meronot, en deur die manne van Gibeon en Mispa wat in diens was van die goewerneur van Wes-Eufraat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Langs hulle het Melatja, uit Gibeon, en Jadon, uit Meronot, herstelwerk gedoen. Die manne van Gibeon en Mispa het behoort tot die ampsgebied van die •streekgoewerneur wes van die Rivier.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Melatja van die stad Gibeon, en Jadon van die stad Meronot, en die manne van die stede Gibea en Mispa het die volgende stuk van die muur reggemaak, tot by die huis van die goewerneur van die provinsie Wes-Eufraat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende gedeelte is deur Melatja van Gibeon en Jadon van Meronot, en deur die mans van Gibeon en Mispa herstel tot by die hoofkwartier van die goewerneur van die Wes-Eufraatprovinsie.