Nehemiah 3:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder het die ou poort Jojada, die seun van Paseag, en Mesullam, die seun van Besodja, herstel; hulle het sy balke neergesit en sy deure en sy slotte en sy grendels opgesit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jojada seun van Paseag en Mesullam seun van Besodja het op hulle beurt weer die Ou Stadspoort herbou. Hulle het al die balke ingesit, die deure gehang en die slotte en grendels aangesit. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Ou Poort het Jojada, die seun van Pas,ag, en Mesullam, die seun van Besodja, herstel; hulle het dit met balke uitgelê en sy deure en sy sluitbalke en sy grendels ingesit. |
| Afrikaans 1983 | Jojada seun van Paseag, en Mesullam seun van Besodja het die Ou Poort herstel. Hulle het die houtwerk klaar gemaak en die deure, die skarniere en die sluitbalke ingesit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Jesanapoort het Jojada, seun van Paseag, en Mesullam, seun van Basodja, herstel. Hulle het die balke gelê en die poortdeure, sokgrendels en sluitbalke ingesit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jojada seun van Paseag, en Mesullam seun van Besodja het die Ou Poort reggemaak. Hulle het die balke op die mure gesit en hulle het die deure ingesit, saam met die slotte en sluitbalke. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jojada seun van Paseag en Mesullam seun van Besodja het die Jesjanahek herstel. Hulle het ook die balke, deure, skarniere en sluitbalke ingesit. |