Nehemiah 3:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En naas hulle het die Tekoïete herstel; maar hulle edeles het hulle nekke nie aan die werk van hulle HERE gelê nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Langs hulle het die mense van Tekoa gewerk, maar hulle leiers het geweier om vir hulle Here te werk. |
| Afrikaans 1933/1953 | En naas hulle het die Teko‹ete herstel; maar hulle vername manne het hulle nek nie gebuig onder die diens van hulle HERE nie. |
| Afrikaans 1983 | Die volgende stuk is herstel deur die mense van Tekoa, maar hulle vooraanstaande mense was nie gewillig om swaar werk te doen vir hulle Here nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Langs hulle het mense van Tekoa herstelwerk gedoen, maar die vernames onder hulle het nie hulle nekke onder die juk van hulle Heer se werk gesit nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Tekoa-mense het die volgende stuk van die muur reggemaak, maar hulle belangrike mense wou nie hard werk vir hulle Here nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense van Tekoa het die volgende gedeelte opgebou, maar die vooraanstaande mense onder hulle was nie bereid om sulke handewerk vir die Here te doen nie. |