Nehemiah 3:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ná hom het Malkía, die seun van die goudsmid, herstel tot by die plek van die tempelbediendes en van die handelaars, teenoor die poort Mifkad en tot by die opgang van die hoek.
Afrikaans (NLV) 2011 Malkija, een van die goudsmede, het die volgende stuk van die muur herstel. Hy het gewerk tot by die kwartiere van die tempelslawe en die handelaars, regoor die Inspeksiepoort en verder tot by die kamer bo-op die hoek.
Afrikaans 1933/1953 Nhom het Malk¡a, lid van die goudsmede, herstel tot by die huis van die tempelbediendes en die koopmans, teenoor die Wagpoort en tot by die bo-kamer op die Hoek.
Afrikaans 1983 Malkija, een van die smede, het die volgende stuk herstel, tot by die kwartiere van die tempelslawe en die handelaars, regoor die Inspeksiepoort en verder tot by die kamer bo-op die hoek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar langsaan het Malkija, 'n lid van die goudsmede, herstelwerk gedoen tot by die huis van die tempeldienaars en die handelaars, regoor die Poort vir die Monstering, tot by die bovertrek van die draai van die stadsmuur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Malkija, 'n goudsmid, het die stuk muur reggemaak tot by die woonplek van die tempel-slawe en die handelaars. Dit was die stuk muur langs die Wag-poort, tot by die bo-kamer op die hoek van die muur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Malkija, ’n goudsmid, het die muur tot by die blyplek van die tempelslawe en die handelaars, regoor die Inspeksiehek en tot by die kamer bo-op die hoek, herbou.