Nehemiah 3:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ná hom het Hanánja, die seun van Selemja, en Hanun, die sesde seun van Salaf, nog 'n stuk herstel. Ná hom het Mesullam, die seun van Beregja, teenoor sy kamer herstel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Langs hulle het Gananja seun van Selemja en Ganun, die sesde seun van Salaf, aan die muur gewerk. Hulle is gevolg deur Mesullam seun van Berekja wat die deel regoor sy kamer herstel het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nhom het Han nja, die seun van Sel,mja, en Hanun, die sesde seun van Salaf, 'n tweede stuk herstel; daarnaas het Mesullam, die seun van Ber,gja, teenoor sy kamer herstel. |
| Afrikaans 1983 | Die volgende deel is herstel deur Gananja seun van Selemja, en Ganun die sesde seun van Salaf, en die volgende deur Mesullam seun van Berekja tot regoor sy kamer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar langsaan het Gananja, seun van Selemja, en Ganun, die sesde seun van Salaf, 'n tweede afgemete deel herstel. Daar langsaan het Mesullam, seun van Beregja, herstelwerk gedoen regoor sy kamer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gananja seun van Selemja en Ganun, die sesde seun van Salaf, het ook 'n tweede stuk muur reggemaak. Mesullam seun van Berekja het die stuk oorkant sy kamer reggemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gananja seun van Selemja en Ganun, die sesde seun van Salaf, het hulle deel herstel. Mesullam die seun van Berekja het die deel tot regoor sy blyplek reggemaak. |