Nehemiah 3:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ná hulle het Sadok, die seun van Immer, reg teenoor sy huis herstel. Ná hom het Semaja, die seun van Segánja, die bewaker van die Oospoort, ook herstel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sadok seun van Immer het die volgende deel wat reg oorkant sy huis was, herstel. Semaja seun van Sekanja en opsigter van die Oospoort het die stuk van die muur wat gevolg het, reggemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarnaas het Sadok, die seun van Immer, teenoor sy huis herstel; en nhom het Sem ja, die seun van Seg nja, die bewaker van die Oospoort, herstel. |
| Afrikaans 1983 | Sadok seun van Immer het die volgende stuk, dié regoor sy huis, herstel, en Semaja, seun van Sekanja en opsigter van die Oospoort, die volgende stuk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar langsaan het Sadok, seun van Immer, herstelwerk gedoen voor sy huis. Daar langsaan het Semaja, seun van Seganja, die wag by die Oospoort, herstelwerk gedoen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sadok seun van Immer het die stuk muur oorkant sy huis reggemaak. Semaja seun van Sekanja het die volgende stuk reggemaak. Semaja was die wag by die poort oos van die tempel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sadok seun van Immer het ook die muur regoor sy huis herstel, en Semaja die seun van Sekanja en opsigter van die Ooshek, die volgende gedeelte. |