Nehemiah 3:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarna het die Tekoïete nog 'n stuk herstel, teenoor die groot toring wat uitsteek, tot by die muur van Ofel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense van Tekoa het aan die volgende deel gewerk. Hulle het die stuk van die muur van regoor die groot aangeboude toring af tot by die Ofelmuur herstel.
Afrikaans 1933/1953 Nhom het die Teko‹ete 'n tweede stuk herstel, van teenoor die groot toring af wat uitsteek, tot by die Heuwel-muur.
Afrikaans 1983 Die volgende deel, die stuk van regoor die groot aangeboude toring af tot by die Ofelmuur, is herstel deur die mense van Tekoa.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar langsaan het die mense van Tekoa 'n tweede afgemete deel herstel, regoor die groot toring wat uittroon en verder tot by die muur van die Ofel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Tekoa het ook 'n tweede stuk muur reggemaak, dit was van oorkant daardie groot toring tot by die muur van die Ofel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense van Tekoa het die muur van die groot aangeboude toring af tot by die Ofelmuur herbou; dit was al die tweede gedeelte waarmee hulle besig was.