Nehemiah 3:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Palal, die seun van Usai, teenoor die draai van die muur en die toring wat uitsteek van die hoë huis van die koning af, wat by die voorhof van die gevangenis was. Ná hom Pedaja, die seun van Paros.
Afrikaans (NLV) 2011 Palal seun van Usai het die gedeelte van regoor die hoekgedeelte herstel tot by die toring teen die boonste paleis by die Wagplein. Aan die gedeelte van die muur langs hom het Pedaja seun van Paros gewerk,
Afrikaans 1933/1953 Palal, die seun van Usai, teenoor die Winkelhaak en die boonste toring wat uit die huis van die koning uitsteek, by die voorhof van bewaking; nhom Ped ja, die seun van Parhos.
Afrikaans 1983 Palal seun van Usai het die stuk herstel van regoor die draai af, en ook die toring teen die boonste paleis by die Wagplein. Die volgende stuk is herstel deur Pedaja seun van Paros,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Palal, seun van Usai, was aan die bou teenoor die hoek en die boonste toring wat bo die koninklike paleis uittroon, by die binnehof van die paleiswag. Daar langsaan was dit Pedaja, seun van Paros.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Palal seun van Usai het die stuk reggemaak oorkant die draai en die toring. Dit is die toring wat uitsteek bokant die boonste paleis wat by die binneplaas van die wagte is. Pedaja seun van Paros
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Palal die seun van Usai het die deel van regoor die draai af herstel tot by die toring van die boonste paleis by die Wagplein. Die volgende gedeelte is deur Pedaja seun van Paros