Nehemiah 3:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ná hom het Binnui, die seun van Henadad, nog 'n stuk herstel, van die huis van Asarja af tot by die draai van die muur, tot by die hoek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die volgende stuk, die deel van Asarja se huis tot by die versterkte hoekgedeelte, het Binnuï seun van Genadad reggemaak.
Afrikaans 1933/1953 Nhom het B¡nnu‹, die seun van H,nadad, 'n tweede stuk herstel; van die huis van As rja af tot by die Winkelhaak en tot by die Hoek.
Afrikaans 1983 Die volgende stuk, die deel van Asarja se huis af tot by die draai en verder tot in die hoek, is herstel deur Binnuï seun van Genadad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar langsaan het Binnuï, seun van Genadad, 'n tweede afgemete deel herstel, vanaf die huis van Asarja tot by die hoek en tot by die draai van die stadsmuur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Binnuï seun van Genadad het 'n tweede stuk van die muur reggemaak. Dit was van die huis van Asarja tot by die draai en die hoek van die muur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende gedeelte, van Asarja se huis af tot by die draai in die muur en verder tot in die hoek, is deur Binnuï seun van Genadad opgebou.