Nehemiah 3:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ná hom het Benjamin en Hassub reg teenoor hulle huis herstel. Ná hom het Asárja, die seun van Maäséja, die seun van Anánja, by sy huis herstel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Langs hulle het Benjamin, Gassub en Asarja seun van Maäseja, kleinseun van Ananeja gewerk. Hulle het die gedeeltes van die muur reg voor hulle huise herstel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nhom het Benjamin en Hassub teenoor hulle huis herstel; nhom het As rja, die seun van Maäs,ja, die seun van An nja, langs sy huis herstel. |
| Afrikaans 1983 | die tweede deel deur Benjamin en Gassub, regoor hulle huise, die derde deel deur Asarja seun van Maäseja, seun van Ananeja, reg voor sy huis. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar langsaan het Benjamin en Gassub herstelwerk gedoen, reg voor hulle huis. Daar langsaan het Asarja, seun van Maäseja, seun van Ananja, langs sy huis herstelwerk gedoen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Benjamin en Gassub het die stuk oorkant hulle huis reggemaak, en Asarja seun van Maäseja seun van Ananeja het die stuk oorkant sy huis reggemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Benjamin en Gassub het die deel regoor hulle huise reggemaak, en Asarja die seun van Maäseja en kleinseun van Ananeja, die deel reg voor sy huis. |