Nehemiah 3:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ná hom het Barug, die seun van Sabbai, die ander stuk ernstig herstel, van die draai van die muur af tot by die deur van die huis van die hoëpriester Eljasib.
Afrikaans (NLV) 2011 Barug seun van Sabbai het aan die aangrensende deel van die muur gewerk. Die deel van die muur het vanaf die versterkte hoekgedeelte tot by die deur van die huis van die hoëpriester Eljasib gestrek.
Afrikaans 1933/1953 Nhom het Barug, die seun van S bbai, 'n tweede stuk ywerig herstel; van die Winkelhaak af tot by die huisdeur van die hoëpriester ljasib.
Afrikaans 1983 Die volgende deel is herstel deur Baruk seun van Sabbai, van die draai af tot by die ingang na die hoëpriester Eljasib se huis.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar langsaan het Barug, seun van Sabbai, 'n tweede afgemete deel ywerig herstel, vanaf die hoek tot by die ingang na die huis van Eljasib, die hoëpriester.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Baruk seun van Sabbai het ook 'n tweede stuk reggemaak. Dit was die stuk van die hoek tot by die poort van die huis van Eljasib, die hoëpriester.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Baruk die seun van Sabbai het die gedeelte van die draai af tot by die ingang na die hoëpriester Eljasib se huis herstel.