Nehemiah 3:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ná hom het hulle broers, Bawai, die seun van Henadad, die owerste van die halwe deel van Kehíla, herstel.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle familie was die volgende groep wat gewerk het. Hulle het onder leiding van Binnuï seun van Genadad, hoof van die res van die Keiladistrik, gewerk.
Afrikaans 1933/1953 Nhom het hulle broers, B wai, die seun van H,nadad, die owerste van die ander halwe distrik Keh¡la, herstel.
Afrikaans 1983 Die volgende stuk is herstel deur hulle ampsgenote, die eerste deur Binnuï, seun van Genadad en gesagvoerder oor die ander helfte van die stadswyk Keïla,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar langsaan het hulle stamgenote onder Binnuï, seun van Genadad, die bevelvoerder van die ander helfte van die Keïla-distrik, herstelwerk gedoen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Leviet Bawwai seun van Genadad het die volgende stuk reggemaak. Bawwai was die amptenaar wat regeer het oor die ander helfte van Keïla, een van die dele van die stad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende gedeelte is deur Binnuï seun van Genadad en hoof oor die res van Keïla, herstel.