Nehemiah 3:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ná hom het die Leviete herstel, Rehum, die seun van Bani. Naas hom het Hasábja, die owerste van die halwe deel van Kehíla, in sy deel herstel.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Groep Leviete onder die toesig van Regum seun van Bani was die volgende werkgroep. Langs hulle het Gasabja, die hoof van die helfte van die Keiladistrik, gewerk. Hy het namens sy distrik oor die herstel van die muur toesig gehou.
Afrikaans 1933/1953 Nhom het die Leviete -- Rehum, die seun van Bani, herstel; naas hom het Has bja, die owerste van die halwe distrik Keh¡la, vir sy distrik herstel.
Afrikaans 1983 Die volgende stuk is herstel deur die Leviete, die eerste deur Regum seun van Bani, en die ander deel deur Gasabja, die gesagvoerder oor die halwe stadswyk Keïla, namens sy wyk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar langsaan het die Leviete onder Regum, seun van Bani, herstelwerk gedoen. Langs hom het Gasabja, die bevelvoerder van die helfte van die Keïla-distrik herstelwerk namens sy distrik gedoen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Leviete het die volgende stukke van die muur reggemaak. Regum seun van Bani het die eerste stuk reggemaak. Gasabja het die volgende stuk reggemaak. Dit was die stuk langs sy deel van die stad. Gasabja was die amptenaar wat regeer het oor die helfte van Keïla, een van die dele van die stad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende deel van die stadsmuur is deur die Leviete opgebou. Regum die seun van Bani het ’n gedeelte reggemaak, en Gasabja, hoof oor ’n gedeelte van Keïla, ’n ander gedeelte namens al sy mense.