Nehemiah 3:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die poort van die fontein het Sallun, die seun van Kolhose, die owerste van die deel van Mispa, herstel; hy het dit gebou en dit bedek, en sy deure, sy sluise en sy grendels, en die muur van die bad Siloag by die koning se tuin en tot by die trappe wat van die stad van Dawid afgaan, opgesit.
Afrikaans (NLV) 2011 Sallum seun van Kol-Gose was die hoof van die Mispadistrik. Hy het aan die Fonteinpoort gewerk. Hy het dit herbou, die dak opgesit, die deure gehang en die slotte en grendels aangesit. Daarna het hy die muur van die Siloampoel naby die koning se tuin herstel. Hy het die muur herbou tot by die trappe wat van die stad van Dawid af kom.
Afrikaans 1933/1953 En die Fonteinpoort het Sallum, die seun van Kol-Hos,, owerste van die distrik Mispa, herstel; hy het dit opgebou en dit oordek, en hy het sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, ook die muur van die dam van die waterleiding by die koning se tuin, en tot by die trappe wat van die Dawidstad afloop.
Afrikaans 1983 Die Fonteinpoort is herstel deur Sallun, seun van Kol-Gose en gesagvoerder van die stadswyk Mispa. Hy het die poort herbou, die dak opgesit en die deure, skarniere en sluitbalke ingesit, en verder ook die muur van die Kanaaldam herbou, van die Koningstuin af tot by die trappe wat uit die Dawidstad afkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Fonteinpoort is deur Sallun, seun van Kol-Gose, die bevelvoerder van die Mispa-distrik, herstel. Hy het dit self herbou, die dak opgesit en die deure, sokgrendels en sluitbalke ingesit; so ook die stadsmuur by die dam van die watervoor wat na die koningstuin loop, tot by die trappe wat afgaan vanaf die Stad van Dawid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sallun seun van Kol-Gose het die Fontein-poort reggemaak. Sallun was die amptenaar wat regeer het oor Mispa, een van die dele van die stad. Hy het die mure van die poort gebou en hy het die dak opgesit en die deure ingesit, saam met die slotte en sluitbalke. Hy het ook die muur by die Kanaal-dam weer gebou, van die tuin van die koning tot by die trappe wat afkom uit die Dawidstad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sallun die seun van Kol-Gose en hoof oor die gebied Mispa het die Fonteinhek reggemaak. Hy het die hek herbou, die dak opgesit en ook al die deure, skarniere en sluitbalke ingesit. Hy het ook die muur langs die Siloamdam herbou wat strek van die Koningstuin af tot by die trappe wat uit die Dawidstad afkom.