Nehemiah 3:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die mispoort het Malkía, die seun van Regab, die owerste van 'n deel van Bet-Hakkerem, herstel; hy het dit gebou en sy deure, sy slotte en sy grendels opgesit.
Afrikaans (NLV) 2011 Milkija seun van Rekab het die Mispoort herstel. Hy was die hoof van die Bet-Keremdistrik. Nadat hy die poort herstel het, het hy die deure gehang en die slotte en grendels aangesit.
Afrikaans 1933/1953 En die Aspoort het Malk¡a, die seun van Regab, owerste van die distrik Bet-Hakkerem, herstel; hy het dit opgebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit.
Afrikaans 1983 Die Vullispoort self is herstel deur Malkija, seun van Rekab en gesagvoerder oor die stadswyk Bet-Kerem. Hy het die poort herbou en die deure, skarniere en sluitbalke ingesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Ashooppoort is deur Malkija, seun van Regab, bevelvoerder van die Bet-Hakkêrêm-distrik, herstel. Hy het dit self herbou en die deure, sokgrendels en sluitbalke ingesit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Malkija seun van Rekab het die Vullis-poort reggemaak. Malkija was die amptenaar wat regeer het oor Bet-Kerem, een van die dele van Jerusalem. Hy het die mure van die poort gebou en hy het die deure ingesit, saam met die slotte en sluitbalke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Malkija seun van Rekab en hoof oor die gebied Bet-Kerem het die Vullishek reggemaak. Hy het die hek herbou en die deure, skarniere en sluitbalke ingesit.