Nehemiah 3:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die Dalpoort het Hanun en die inwoners van Sanóag herstel; hulle het dit gebou en sy deure, sy grendels en grendels, en duisend el teen die muur tot by die mispoort opgesit.
Afrikaans (NLV) 2011 Ganun en die inwoners van Sanoag het die Dalpoort herstel. Hulle het dit herbou, die deure gehang en die slotte en grendels aangesit. Hulle het ook die 450 meter lange muur tot by die Mispoort herstel.
Afrikaans 1933/1953 Die Dalpoort het Hanun en die inwoners van Sanoag herstel; hulle het dit opgebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, ook duisend el aan die muur tot by die Aspoort.
Afrikaans 1983 Die Dalpoort is herstel deur Ganun en die inwoners van Sanoag. Hulle het die poort herbou, sy deure, skarniere en sluitbalke ingesit, en die stuk muur van vier honderd en vyftig meter tot by die Vullispoort gebou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Dalpoort is deur Ganun en die inwoners van Sanoag herstel. Hulle het dit self herbou, die deure, sokgrendels en sluitbalke ingesit, en ook duisend el van die stadsmuur herstel, tot by die Ashooppoort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ganun en die mense van die stad Sanoag het die poort in die vallei reggemaak. Hulle het die mure van die poort gebou en hulle het die deure ingesit, saam met die slotte en sluitbalke. Hulle het ook die stuk muur tot by die Vullis-poort gebou, die stuk muur was 1 000 el lank.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Valleihek is deur Ganun en die mense van Sanoag herstel. Hulle het die balke, deure, skarniere en sluitbalke ingesit en die gedeelte van 450 meter tot by die Vullishek gebou.