Nehemiah 3:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Malkia, die seun van Harim, en Hasub, die seun van Pahat-Moab, het die ander stuk en die toring van die oonde herstel.
Afrikaans (NLV) 2011 Op hulle beurt het Malkija seun van Garim en ook Gassub seun van Pagat-Moab langs hulle gewerk. Hulle het die Bakoondtoring asook ’n verdere gedeelte van die muur herstel.
Afrikaans 1933/1953 'n Tweede stuk het Malk¡a, die seun van Harim, en Hassub, die seun van Pahat-Moab, herstel, ook die Bakoondtoring.
Afrikaans 1983 'n Volgende deel, tot by die Bakoondtoring, is herstel deur Malkija seun van Garim, en Gassub seun van Pagat-Moab.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Tweede afgemete deel, het Malkija, seun van Garim, en Gassub, seun van Pagat-Moab, herstel, en ook die Toring van die Oonde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Malkija seun van Garim, en Gassub seun van Pagat-Moab het 'n tweede stuk reggemaak. Dit was die stuk tot by die Bakoond-toring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Malkija seun van Garim en Gassub die seun van Pagat-Moab het saam die deel tot by die Bakoondtoring herbou.