Nehemiah 3:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Eljasib, die hoëpriester, opgestaan met sy broers, die priesters, en hulle het die Skaapspoort gebou; hulle het dit geheilig en die deure daarvan opgesit; tot by die toring van Mea het hulle dit geheilig, tot by die toring van Hananeel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hoëpriester Eljasib en van die ander priesters het by die Skaappoort met die bouwerk begin. Nadat hulle die deure gehang het, het hulle dit aan die Here toegewy. Hulle het ook die gedeeltes van die muur tot by die Toring van die Honderd en die Gananeltoring toegewy. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Âljasib, die hoëpriester, het hom klaargemaak met sy broers, die priesters, en hulle het die Skaapspoort gebou; hulle het dit geheilig en sy deure ingesit; verder tot by die toring Hamm,a wat hulle geheilig het, tot by die toring Han neël. |
| Afrikaans 1983 | Die hoëpriester Eljasib en sy ampsgenote die priesters het begin en die Skaappoort gebou. Hulle het die poort gewy en sy deure ingesit. Daarna het hulle gebou tot by die Toring-van-die-Honderd, dit gewy en toe verder gebou tot by die Gananeltoring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Eljasib, die hoëpriester en sy ampsgenote, die priesters, het gereedgemaak en die Skaappoort herbou. Hulle het dit self geheilig en die poortdeure ingesit. Tot by die Toring van die Honderd het hulle dit geheilig, ook tot by die Toring van Gananel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hoëpriester Eljasib en die ander priesters het begin om die muur te bou. Hulle het die Skaap-poort gebou. Hulle het dit gewy en hulle het die deure ingesit. Toe het hulle die muur gebou tot by die Toring-van-die-Honderd. Hulle het dit gewy, en toe het hulle verder gebou tot by die Gananel-toring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hoëpriester Eljasib en die ander priesters het die bouwerk begin. Hulle het by die Skaaphek begin. Toe hulle die deure klaar gehang het, het hulle dit aan die Here opgedra. Daarna het hulle die gedeeltes tot by die Toring van die Honderd en die Gananeltoring voltooi en dit ook aan die Here opgedra. |