Nehemiah 2:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder het ek aan die koning gesê: As die koning dit goedvind, laat my briewe gegee word aan die goewerneurs oorkant die Eufraat, dat hulle my kan wegvoer totdat ek in Juda kom; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het ook vir die koning gesê: “As u dit goedvind, gee vir my briewe saam vir die goewerneurs van die provinsie wes van die Eufraatrivier. Beveel hulle om my veilig deur hulle gebiede te laat trek op pad na Juda toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | en aan die koning gesê: As die koning dit goedvind, kan hulle vir my briewe saamgee aan die goewerneurs wes van die Eufraat, dat hulle my laat deurtrek totdat ek in Juda kom; |
| Afrikaans 1983 | en toe vir hom gevra: “As die koning dit goedvind, laat ek briewe kry aan die goewerneurs in Wes-Eufraat, sodat hulle my vrye deurgang kan gee tot ek in Juda aankom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en vir die koning gesê: “As dit die koning geval, kan daar briewe aan my gegee word, gerig aan die •streekgoewerneurs anderkant die Rivier, sodat ek ongehinderd kan deurtrek totdat ek in Juda aankom; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en ek het vir hom gevra: “As die koning dink dit is goed, dan moet jy vir my 'n brief gee om vir die goewerneurs in die provinsie Wes-Eufraat te gee, sodat hulle my sal laat verbygaan om in die provinsie Juda te kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sê toe vir hom: “Ek sal bly wees as U Majesteit vir my briewe gee om vir die goewerneurs van die provinsies wes van die Eufraatrivier te verduidelik dat ek met u goedkeuring terugkeer. Dan kan ek sonder probleme deur hulle gebied na Juda toe reis. |