Nehemiah 2:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning vir my, (die koningin sit ook by hom): Hoe lank sal jou reis wees? en wanneer sal jy terugkom? Daarom het dit die koning behaag om my te stuur; en ek het vir hom 'n tyd bepaal.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning, met die koningin wat langs hom sit, vra toe: “Hoe lank sal jy weg wees? Wanneer sal jy terugkom?” Nadat ek vir hom ’n aanduiding van die tyd gegee het, het die koning ingestem om my te stuur.
Afrikaans 1933/1953 Toe vra die koning my, terwyl die koningin langs hom sit: Hoe lank sal jou reis duur, en wanneer sal jy terugkom? En die koning het dit goedgevind om my te stuur. En ek het hom 'n bepaalde tyd aangegee
Afrikaans 1983 Die koningin het langs die koning gesit. Hy het vir my gevra: “Hoe lank sal jou reis duur en wanneer sal jy terug wees?” Hy was die saak dus goedgesind, hy het my die opdrag gegee. Ek het vir hom 'n tyd aangedui
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning, met die koningin wat langs hom sit, het vir my gevra: “Hoe lank sal jou reis duur, en wanneer kom jy terug?” Die koning het dit goedgevind en my laat gaan. Ek het vir hom 'n bepaalde tyd gegee
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe vra die koning vir my: “Hoe lank sal jy loop om daar te kom? En wanneer sal jy terugkom?” Die koningin het langs die koning gesit. Die koning het besluit om my te stuur. Ek het vir hom gesê hoe lank ek weg sal wees
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koningin het langs die koning aan tafel gesit. Hy vra toe vir my: “Hoe lank sal dit jou vat en wanneer sal jy terug wees?” Nadat ek hom geantwoord het, het hy vir my toestemming gegee om te gaan.