Nehemiah 2:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het aan die koning gesê: As die koning dit goedvind, en as u dienaar guns in u oë gevind het, stuur u my na Juda, na die stad van my vaders se grafte, dat ek dit kan bou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en antwoord die koning: “As dit reg is met u, en u is tevrede met my as u dienskneg, stuur my dan na Juda toe. Ek sal dan kan gaan na die stad waar my voorouers begrawe lê, en dit herbou.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en aan die koning gesê: As die koning dit goedvind en as u dienaar welgevallig is in u oë, stuur my dan na Juda, na die stad waar my vaders begrawe lê, dat ek dit kan opbou. |
| Afrikaans 1983 | en toe vir die koning gesê: “As die koning dit goedvind, as u dienaar op u goedgesindheid mag reken, stuur my na Juda toe, na die stad waar my voorvaders begrawe is, sodat ek die stad kan herbou.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en vir die koning gesê: “As die koning dit goedvind, en as u dienaar by u aanvaarding vind, moet u my na Juda stuur, na die stad van my voorouers se grafte, sodat ek dit kan herbou.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en ek het vir die koning gesê: “As dit vir die koning goed is en as die koning goed wil wees vir my, jou amptenaar, dan moet jy my stuur na die stad waar die grafte van my voorvaders is, sodat ek die stad weer kan bou.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê ek vir die koning: “As U Majesteit my toelaat om ’n guns te vra: laat my asseblief dan toe om na die landgebied van Juda terug te gaan sodat ek die stad waarin my voorvaders begrawe is, kan gaan herbou.” |