Nehemiah 2:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê ek vir hulle: Julle sien die benoudheid waarin ons verkeer, hoe Jerusalem woes lê en sy poorte met vuur verbrand is; kom laat ons die muur van Jerusalem opbou, sodat ons nie meer 'n smaad is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierna het ek egter vir hulle gesê: “Julle sien self in hoe ’n benarde posisie ons is. Jerusalem is verwoes en die stadshekke is verbrand! Maar kom ons begin die mure van Jerusalem herbou sodat ons nie langer verleë hoef te wees nie.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê ek vir hulle: Julle sien die nood waar ons in is, dat Jerusalem woes lê en sy poorte met vuur verbrand is; kom, laat ons die muur van Jerusalem opbou, dat ons nie langer 'n voorwerp van smaad kan wees nie.
Afrikaans 1983 Maar toe sê ek vir hulle: “Julle sien self die benarde toestand waarin ons sit. Jerusalem lê in puin en sy poorte is verbrand. Kom ons herbou die muur van Jerusalem, dat dié vernedering nie langer op ons rus nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê ek vir hulle: “Julle sien die moeilikheid waarin ons verkeer, dat Jerusalem vervalle lê en dat haar poorte deur vuur verwoes is. Kom ons herbou die muur van Jerusalem, sodat ons nie langer 'n bespotting is nie. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar toe het ek vir hulle gesê: “Julle sien hoe sleg dit gaan met ons. Die vyande het Jerusalem verwoes en hulle het sy poorte verbrand. Ons moet weer die muur bou, sodat ander mense ons nie weer sal spot nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierna het ek egter vir hulle gesê: “Julle sien self in watter haglike posisie ons is solank Jerusalem se mure vernietig is en die hekke van die stad afgebrand is. Kom ons herbou Jerusalem se mure. Dan kan ons weer trots wees op ons stad!”