Nehemiah 2:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het ek in die nag by die spruit opgegaan en die muur bekyk en teruggedraai en deur die poort van die vallei ingegaan, en so teruggekeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het toe in plaas daarvan in die Kidronvallei op beweeg. Ek het die muur ondersoek en daarna teruggedraai en weer deur die Valleipoort die stad binnegegaan.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het ek in die nag in die dal opgeklim en die muur besigtig. Toe het ek weer deur die Dalpoort ingekom en teruggegaan.
Afrikaans 1983 en moes ek in die nag met die vallei op boontoe sodat ek die muur kon nagaan. Daarna het ek omgedraai en is ek weer deur die Dalpoort en terug huis toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het toe in die nag met die dal langs opgegaan en die muur nagegaan, waarna ek teruggekeer en weer by die Dalpoort ingegaan het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het toe in die nag in die vallei opgegaan en gekyk hoe lyk die muur. Toe het ek omgedraai en ek het deur die poort in die vallei teruggegaan in die stad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is toe met die Kedronvallei op al langs die muur om die skade te bekyk voordat ek weer deur die Valleihek die stad in is.