Nehemiah 2:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het ek verder gegaan na die poort van die fontein en na die koning se dam, maar daar was geen plek vir die dier wat onder my was om deur te gaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het ek na die Fonteinhek en die Koningsdam gery, maar my donkie kon nie deur die bourommel loop nie.
Afrikaans 1933/1953 En ek het verder gegaan na die Fonteinpoort en na die Koningsvywer. Maar daar was geen plek vir die dier om onder my verder te gaan nie.
Afrikaans 1983 Toe ek by die Fonteinpoort en die Koningsdam kom, was daar nie plek vir my rydier om verby te kom nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het ek oorgegaan na die Fonteinpoort, na die koning se dam, maar daar was nie 'n plek waar my rydier kon deurgaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het verder gegaan na die Fontein-poort en die Koning-dam. Die dier waarop ek gery het, kon nie daar verbykom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe ek by die Fonteinhek en die Koningsdam kom, kon my donkie nie verder gaan nie, so baie puin en rommel het daar gelê.