Nehemiah 2:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in die maand Nisan, in die twintigste jaar van koning Artasasta, was daar wyn voor hom, en ek het die wyn opgeneem en dit aan die koning gegee. Nou was ek nie voorheen hartseer in sy teenwoordigheid nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vier maande later, nog in die twintigste jaar van koning Artasasta, was ek besig om wyn vir die koning te skink. Nooit tevore was ek so swaarmoedig in sy teenwoordigheid nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die maand Nisan van die twintigste jaar van koning Artas sta toe daar wyn voor hom was, het ek die wyn opgehef en aan die koning gegee; en omdat ek nooit voor hom bedroef was nie, |
| Afrikaans 1983 | Dit was in die maand Nisan, die twintigste jaar van koning Artasasta. Die wyn was voor hom, en ek moes dit optel en aan hom gee. Ek was nooit bedruk voor hom nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die maand •Nisan, in die twintigste regeringsjaar van koning Artasasta, het die wyn gereedgestaan voor hom. Ek het die wyn geneem en vir die koning aangebied. Ek was gewoonlik nie treurig voor hom nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die beker wyn was voor die koning, en ek het dit opgetel en vir hom gegee. Dit was in die maand Nisan, in die twintigste jaar nadat Artasasta koning geword het. Ek het nooit voorheen vir die koning gewys dat ek sleg voel nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op ’n dag, vier maande later, in die twintigste regeringsjaar van koning Artasasta, was hy besig om te eet en ek het wyn aan hom bedien. Hy het my nog nooit voorheen bedruk gesien nie. |