Nehemiah 13:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het ek bevel gegee, en hulle het die kamers gereinig; en ek het die voorwerpe van die huis van God, met die spysoffer en die wierook, daarheen teruggebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het ek opdrag gegee dat hulle die vertrekke moes reinig. Ek het die gereedskap van God se tempel, die graanoffers en die wierook daarheen teruggebring.
Afrikaans 1933/1953 met die bevel dat hulle die kamers moes reinig; en ek het die gereedskappe van die huis van God, die spysoffer en die wierook daarin teruggebring.
Afrikaans 1983 en opdrag gegee dat die kamer gereinig moet word. Daarna het ek die goed wat in die tempel gebruik is, en die graanoffer en die wierook daar teruggesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en opdrag gegee dat die vertrekke gereinig moet word. Toe het ek die toerusting van die huis van God en die graanoffers en wierook weer daar teruggeplaas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en ek het gesê die priesters moet die kamers reinig. Daarna het ek die tempel-gereedskap daar teruggesit en ook die koring en die wierook.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het ek opdrag gegee dat die kamer opnuut vir die Here skoongemaak moet word en dat die toerusting wat in die tempel gebruik word, asook die graan wat vir die offers gebring is en die wierook, in die kamer teruggesit moes word.