Nehemiah 13:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het in Jerusalem gekom en verstaan van die onheil wat Eljasib vir Tobía gedoen het deur vir hom 'n kamer in die voorhowe van die huis van God in te rig.
Afrikaans (NLV) 2011 Met my terugkoms in Jerusalem het ek gehoor van die wandaad dat Eljasib vir Tobija ’n vertrek in die binneterrein van die tempel voorberei het.
Afrikaans 1933/1953 en na Jerusalem gekom. Toe het ek die kwaad opgemerk wat ljasib gedoen het deur vir Tob¡a 'n kamer in die voorhowe van die huis van God in te rig.
Afrikaans 1983 en na Jerusalem toe kom. Toe ek uitvind watter verkeerde ding Eljasib gedoen het deur vir Tobija 'n kamer in die voorhof van die tempel in te rig,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en na Jerusalem gegaan. Toe ek agterkom watter kwaad Eljasib ten gunste van Tobija aangerig het deur vir hom 'n vertrek in te rig in die voorhowe van die huis van God,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe ek in Jerusalem kom, het ek gehoor dat Eljasib 'n verkeerde ding gedoen het. Eljasib het vir Tobija 'n kamer gegee langs die oop stuk grond by die tempel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In Jerusalem aangekom, was ek geskok om uit te vind dat Eljasib vir Tobija toegelaat het om in ’n kamer op die tempelterrein te bly.