Nehemiah 13:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar in al hierdie tyd was ek nie in Jerusalem nie, want in die twee-en-dertigste jaar van Artasasta, die koning van Babel, het ek na die koning gekom, en ná sekere dae het ek verlof van die koning verkry. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek was in hierdie stadium nie in Jerusalem nie. Ek het toe reeds na koning Artasasta van Babel teruggekeer. Dit was in sy 32ste jaar as koning. Ek het mettertyd by die koning toestemming gevra om na Jerusalem toe terug te gaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar gedurende dit alles was ek nie in Jerusalem nie; want in die twee en dertigste jaar van Artas sta, die koning van Babel, het ek by die koning gekom; en nverloop van tyd het ek verlof gevra van die koning |
| Afrikaans 1983 | Ek was nie in Jerusalem toe dit alles gebeur het nie, want in die twee en dertigste regeringsjaar van koning Artasasta van Babel is ek terug na die koning toe. Ek kon eers met verloop van tyd van die koning verlof vra |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl dit alles gebeur het, was ek nie in Jerusalem nie, want in die twee-en-dertigste regeringsjaar van Artasasta, die koning van Babilonië, het ek na die koning gegaan. Ná verloop van tyd het ek by die koning verlof gevra |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek was in daardie tyd nie in Jerusalem nie, want ek het teruggegaan na koning Artasasta van Babel. Dit was in die 32ste jaar nadat Artasasta koning geword het. Maar ná 'n tyd het ek vir die koning gevra of ek na Jerusalem mag gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek was nie in Jerusalem toe hierdie dinge gebeur het nie, aangesien ek in die 32ste regeringsjaar van Artasasta, die koning van Babel, na die koning toe terug is om aan hom te gaan rapporteer hoe alles afgeloop het. Na ’n ruk het ek sy toestemming gekry om terug te gaan. |