Nehemiah 13:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En vir die houtoffer, op vasgestelde tye, en vir die eerstelinge. Dink aan my, o my God, ten goede. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het ook gesorg dat die houtvoorraad vir die offers op die regte tyd voorsien was. Verder ook dat hulle die eerste opbrengs van die oes vir die priesters gebring het. My God, onthou my. Wees goed vir my! |
| Afrikaans 1933/1953 | ook vir die lewering van hout op vasgestelde tye en vir die eerstelinge. Dink aan my, my God, ten goede! |
| Afrikaans 1983 | en ook die heffings van hout op die vasgestelde tye, en die eerstelinge. Onthou dit tot my voordeel, my God! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en vir die lewering van hout op vasgestelde tye, en vir die lewering van die eerste vrugte. Dink aan my, my God, tot my voordeel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het ook gesê wanneer die mense die hout en die eerste vrugte moet bring. Ek het gebid en gesê: “My God, U moet dit onthou, U moet dit goed laat gaan met my.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het ook seker gemaak dat die hout wat vir die offers gebruik word, op die regte tyd daar was en dat die mense hulle eerste opbrengs van hulle koring en vrugte as ’n dankoffer tempel toe gebring het. Onthou asseblief al hierdie dinge, my God! Wees baie goed vir my! |