Nehemiah 13:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dink aan hulle, o my God, omdat hulle die priesterskap en die verbond van die priesterskap en van die Leviete verontreinig het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie van hulle vergeet nie, my God! Hulle het die priesterskap ontheilig en ook die plegtige ooreenkoms wat met die priesters en Leviete bestaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dink aan hulle, my God, oor die bevlekking van die priesterskap en van die verbond met die priesterskap en met die Leviete. |
| Afrikaans 1983 | Onthou hulle, my God; hulle het die priesterskap en die plegtige onderneming van die priesters en die Leviete besoedel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Onthou hulle, my God, oor die besoedeling van die priesterskap en van die verbond van die priesterskap en die Leviete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gebid en gesê: “My God, U moet onthou dat hulle die werk van priesters ontwy het. Hulle het nie gedoen wat die priesters en die Leviete belowe het nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie vergeet wat hulle gedoen het nie, my God. Hulle het die priesterskap en al die beloftes van die ooreenkoms wat die priesters en Leviete voor U afgelê het, onder hulle voete vertrap. |