Nehemiah 13:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En een van die seuns van Jojada, die seun van Eljasib, die hoëpriester, was skoonseun van Sanballat, die Horoniet; daarom het ek hom van my af verdryf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selfs die hoëpriester Eljasib se seun Jojada was met die dogter van Sanballat, die Goroniet, getroud. Ek het hom voor my weggejaag. |
| Afrikaans 1933/1953 | En een van die seuns van Jojada, die seun van die hoëpriester Âljasib, was 'n skoonseun van Sanb llat, die Horoniet; daarom het ek hom van my af weggeja. |
| Afrikaans 1983 | 'n Seun van Jojada seun van die hoëpriester Eljasib was die skoonseun van Sanballat die Goroniet. Ek het hom van my af weggejaag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Een van die seuns van Jojada, seun van Eljasib, die hoëpriester, was 'n skoonseun van Sanballat uit Goron. Ek het hom van my af weggejaag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Seun van Jojada, seun van die hoëpriester Eljasib, was getroud met 'n dogter van Sanballat die Goroniet. Ek het die seun weggejaag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Seun van Jojada, die hoëpriester Eljasib se seun, het met Sanballat die Goroniet se dogter getrou. Vir hom het ek summier uit die gemeente weggejaag. |