Nehemiah 13:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sal ons dan na julle luister om al hierdie groot kwaad te doen, om teen onse God te oortree deur vreemde vroue te trou? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoe kan julle ooit daaraan dink om so ’n sonde te doen deur met heidense vroue te trou en so aan God ontrou te wees?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Moet ons nou van julle hoor dat julle al hierdie groot kwaad doen, om ontrou te handel teen God deur vreemde vroue te trou? |
| Afrikaans 1983 | En nou moet ons hoor dat julle hierdie groot kwaad begaan het en ontrou aan ons God geword het deur vreemde vrouens te trou!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moet ons nou ook van julle hoor dat julle al hierdie verskriklike kwaad doen, ontrou is aan ons God deur getroud te wees met vreemde vroue?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En nou hoor ons dat julle hierdie baie verkeerde ding gedoen het en getrou het met vroue wat nie Israeliete is nie. Julle is ontrou aan ons God.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoe kan julle selfs daaraan dink om so ’n sonde te pleeg en verkeerd teenoor God op te tree deur met vreemde vroue te trou!” |