Nehemiah 13:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Het Salomo, die koning van Israel, nie deur hierdie dinge gesondig nie? nogtans was daar onder baie nasies geen koning soos hy nie, wat deur sy God bemin was, en God het hom koning oor die hele Israel gemaak; nogtans het selfs hy vreemde vroue laat sondig.
Afrikaans (NLV) 2011 “Was dit nie presies die rede hoekom koning Salomo van Israel in sonde beland het nie?” het ek gevra. “Daar was geen koning van enige nasie wat met hom vergelyk kan word nie. God het hom liefgehad en het hom koning oor die hele Israel gemaak. Die waarheid is dat dit sy heidense vroue was wat veroorsaak het dat hy sondig.
Afrikaans 1933/1953 Het Salomo, die koning van Israel, nie deur hulle gesondig nie? Alhoewel daar onder baie nasies nie 'n koning gewees het soos hy nie en hy 'n liefling van sy God was, sodat God hom as koning aangestel het oor die hele Israel, het die vreemde vroue hom tog sonde laat doen.
Afrikaans 1983 Dit was tog hiermee dat koning Salomo van Israel gesondig het! Onder die groot nasies was daar nie 'n koning soos hy nie. Sy God het hom liefgehad en hom koning laat word oor die hele Israel, maar vreemde vrouens het ook vir hom laat sondig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is dit nie op dieselfde wyse wat Salomo, die koning van Israel, gesondig het nie? Onder die talle nasies was daar nie 'n koning soos hy nie. Hy was die geliefde van sy God, en God het hom oor die hele Israel koning gemaak. Maar selfs vir hom het die vreemde vroue tot sonde verlei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het vir hulle gesê: “Koning Salomo van Israel het ook sonde gedoen toe hy getrou het met vroue wat nie Israeliete is nie. Ja, daar is nie 'n volk wat 'n beter koning gehad het as hy nie. God was lief vir hom en God het hom koning laat word oor die hele Israel, maar sy vroue wat nie Israeliete was nie, het hom sonde laat doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Kyk maar na koning Salomo,” het ek ook vir hulle gesê. “Daar was nie nog ’n koning soos hy nie. God het hom liefgehad en hy het oor die hele Israel regeer. Tog was sy liefde vir die vroue van ander volke sy ondergang.