Nehemiah 13:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het met hulle getwis en hulle vervloek en sommige van hulle geslaan en hulle hare afgepluk en hulle by God laat sweer en gesê: Julle mag julle dogters nie aan hulle seuns gee en hulle dogters nie vir julle seuns neem nie, of vir julleself. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het hulle aangespreek en hulle vervloek. Party van hulle het ek berispe, hulle vervloek, sommige geslaan en ander se hare uitgetrek. Ek het hulle ’n belofte voor God laat aflê dat hulle nie sou toelaat dat hulle kinders met die heidense mense van die land ondertrou nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het ek met hulle getwis en hulle gevloek, en sommige van hulle geslaan en die hare uitgepluk en hulle by God besweer: Julle mag julle dogters nie aan hulle seuns gee, en julle mag nie van hulle dogters vir julle seuns of vir julleself neem nie! |
| Afrikaans 1983 | Ek het met die mense geraas, hulle vervloek, party van hulle geslaan, hulle hare uitgetrek en hulle voor God 'n eed laat aflê: “Julle sal julle dogters nie laat trou met die heidene se seuns nie en hulle dogters nie met julle seuns of met julleself nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het hulle verwyt, hulle vervloek, sommige van die mans geslaan en hulle hare uitgepluk. Ek het hulle by God besweer: “Julle mag nie julle dogters aan hulle seuns gee nie, en julle mag nie van hulle dogters as vroue neem vir julle seuns of vir julleself nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het met daardie Judeërs geraas. Ek het hulle vervloek en hulle geslaan en hulle hare uitgetrek. Ek het gesê hulle moet belowe dat hulle nie hulle dogters sal laat trou met die seuns van die heidene nie en dat hulle nie hulle seuns sal laat trou met die dogters van die heidene nie. Hulle moes ook belowe om nie self met die heidene te trou nie, en ek het gesê God is die getuie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het hierdie mans hiermee gekonfronteer en baie streng teen hulle opgetree. Ek het die Here gevra om hulle hieroor te straf. Ander het my so kwaad gemaak dat ek hulle sommer laat slaan het en hulle aan hulle hare laat rondpluk het sodat hulle kon verstaan dat hulle verkeerd optree. Ek het hulle die volgende voor God laat beloof: “Ons dogters sal nie met ongelowige volke se seuns trou nie, en hulle dogters sal ook nie met ons seuns of met onsself trou nie.” |