Nehemiah 13:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle kinders het half gepraat in die spraak van Asdod en kon nie in die Joodse taal praat nie, maar volgens die taal van elke volk.
Afrikaans (NLV) 2011 Van hierdie mense se kinders kon omtrent die helfte nie die taal van Juda praat nie. Hulle het net die taal van Asdod of een van die ander tale van die omgewing gepraat.
Afrikaans 1933/1953 En van hulle kinders het die helfte Asdodies gepraat, of die taal van watter volk ook al; maar hulle kon geen Joods praat nie.
Afrikaans 1983 Van hulle kinders het die helfte Asdods gepraat of die taal van 'n ander volk. Judees kon hulle nie praat nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die helfte van hulle kinders het Asdods gepraat. Hulle was nie in staat om Judees te praat nie, maar slegs die taal van een of ander volk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Party van hulle kinders het die taal van Asdod gepraat en die ander kinders het die tale van ander volke gepraat. Nie een kind kon die Judese taal praat nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Erger nog, die helfte van hulle kinders het die taal van Asdod, of die een of ander vreemde taal gepraat. Hulle kon nie eens hulle eie moedertaal praat nie.