Nehemiah 13:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het die Leviete bevel gegee dat hulle hulleself moes reinig en dat hulle moes kom en die poorte bewaak om die sabbatdag te heilig. Dink ook hieraan aan my, o my God, en spaar my na die grootheid van u goedertierenheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het die Leviete toe beveel om hulle te reinig en om by die ingange wag te staan sodat niemand die Sabbatdag oneervol sal vier nie. Onthou asseblief ook hierdie optrede van my, my God! Wees goed vir my omdat u liefde groot is en U niemand ooit in die steek laat nie.
Afrikaans 1933/1953 Verder het ek aan die Leviete gesê dat hulle hul moes reinig en kom as poortwagters om die sabbatdag te heilig. Dink ook hierom aan my, my God, en ontferm U oor my na die grootheid van u goedertierenheid.
Afrikaans 1983 Ek het die Leviete opdrag gegee om hulle te reinig en die poorte te kom bewaak sodat die sabbatdag heilig gehou sou word. Onthou tog ook dit, my God, ontferm U oor my in u groot liefde!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het toe vir die Leviete gesê dat hulle hulleself telkens moet reinig en die poorte moet kom bewaak, om sodoende die Sabbatdag heilig te hou. Ook hieroor, my God, moet U tog aan my dink en besorg oor my wees, ooreenkomstig u oorvloedige troue liefde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het vir die Leviete gesê hulle moet hulleself reinig en by die poorte kom wagstaan, sodat die Sabbatdag 'n gewyde dag sal wees. Ek het gebid en gesê: “My God, U moet dit ook onthou, U moet goed wees vir my, U is altyd goed vir mense wat aan U behoort.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het toe vir die Leviete opdrag gegee om hulleself aan die Here te gaan toewy sodat hulle die hekke op die sabbat kon oppas. Op hierdie manier kon hulle sorg dat die sabbat gehou word as ’n dag wat spesiaal aan die Here behoort. Onthou my asseblief ook vir hierdie goeie daad, my God. Gee tog baie vir my om. U is tog die God wat ons liefhet.