Nehemiah 13:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het ek teen hulle getuig en vir hulle gesê: Waarom vernag julle by die muur? as julle dit weer doen, sal Ek julle die hande oplê. Van toe af het hulle nie meer op die sabbat gekom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar ek het hulle gewaarsku en gesê: “Hoekom oornag julle hier buite die muur? As julle dit weer doen, sal ek julle arresteer!” Dit was die laaste keer dat hulle op die Sabbat gekom het.
Afrikaans 1933/1953 Maar ek het hulle gewaarsku en vir hulle gesê: Waarom vernag julle voor die muur? As julle dit weer doen, sal ek die hand aan julle slaan. Van die tyd af het hulle nie meer op die sabbat gekom nie.
Afrikaans 1983 Ek het hulle gewaarsku en vir hulle gesê: “Waarom slaap julle hier teen die muur? As julle dit weer doen, sal ek julle straf.” Daarna het hulle nie weer op die sabbat gekom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het hulle tereggewys en vir hulle gevra: “Waarom oornag julle langs die muur? As julle dit weer doen, sal ek julle laat verwyder. ” Van toe af het hulle nie meer op die Sabbat gekom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het hulle gewaarsku en gesê: “Hoekom slaap julle hier teen die muur? As julle dit weer doen, dan sal ek julle straf.” Hulle het toe nie weer op die Sabbatdag gekom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het hulle ernstig gewaarsku en gesê: “Wat dink julle doen julle hier? Dit help nie julle wag hier buite vir iemand om uit te kom nie. As julle dit weer doen, gaan ek julle laat arresteer!” Van toe af het hulle nie weer op die sabbat daar aangekom nie.