Nehemiah 13:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat hulle die kinders van Israel nie met brood en water teëgekom het nie, maar Bíleam teen hulle gehuur het om hulle te vervloek; maar onse God het die vloek in 'n seën verander.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie mense het destyds nie brood en water vir die Israeliete voorsien nie. Trouens, hulle het eerder vir Bileam gehuur om hulle te vervloek. Maar ons God het die vloek in ’n seën verander.
Afrikaans 1933/1953 omdat hulle die kinders van Israel nie teëgekom het met brood en water nie, en B¡leam teen hulle gehuur het om hulle te vervloek; maar onse God het die vloek in 'n seën verander.
Afrikaans 1983 Dit was omdat hulle nie brood en water aan die Israeliete wou gee nie en vir Bileam gehuur het om 'n vloek oor Israel uit te spreek. Ons God het die vloek in seën laat verander.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) omdat hulle die Israeliete nie met brood en water tegemoetgegaan het nie, en Bileam teen Israel gehuur het om hulle te vervloek, maar dat ons God die vervloeking in 'n seën verander het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want hulle het nie vir die Israeliete kos en water gegee nie, en Balak het vir Bileam gehuur om die Israeliete te vervloek.” Ons God het gekeer dat Bileam die Israeliete vervloek, hy moes hulle seën.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die rede hiervoor was dat die Ammoniete en die Moabiete geweier het om vir die Israeliete kos of water te gee in die tyd van die uittog uit Egipte. Om die waarheid te sê, dit was hulle wat vir Bileam gehuur het om Israel te vervloek sodat God niks meer van hulle sou hou nie. Ons God het sy vloek in ’n seën verander.