Nehemiah 13:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur dat toe die poorte van Jerusalem voor die sabbat donker begin word het, het ek bevel gegee dat die poorte gesluit moes word en bevel gegee dat hulle eers ná die sabbat oopgemaak moes word; die poorte, sodat daar geen las op die sabbatdag ingebring sou word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het opdrag gegee dat hulle die ingange van Jerusalem op Vrydagaande teen sononder moes sluit. Eers as die Sabbat verby is, mag hulle dit weer oopmaak. Ek het verder van die mense in my diens gestuur om die hekke op te pas sodat niemand enige handelsware op die Sabbat inbring nie.
Afrikaans 1933/1953 En sodra dit in die poorte van Jerusalem voor die sabbat donker was, het ek gesê dat die deure gesluit moes word; en ek het gesê dat hulle dit nie mag oopmaak tot ndie sabbat nie, en van my mense het ek by die poorte aangestel: geen vrag het op die sabbatdag mag inkom nie.
Afrikaans 1983 Ek het toe opdrag gegee dat die poorte van Jerusalem gesluit moes word sodra dit daar begin donker word op die aand voor die sabbat en dat die poorte nie oopgesluit moes word voor ná die sabbat nie. Ek het van my eie dienaars by die poorte geplaas, sodat daar geen vrag op die sabbat sou inkom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Net toe dit voor die Sabbat donker geword het by die poorte van Jerusalem, het ek opdrag gegee, en die poortdeure is gesluit. Ek het ook opdrag gegee dat dit nie oopgemaak moes word tot ná die Sabbat nie, en van my werkers het ek by die poorte aangestel, sodat geen vrag op die Sabbatdag sou inkom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het toe dít gedoen: Ek het gesê hulle moet die poorte van Jerusalem sluit wanneer die Sabbatdag begin, en hulle moenie die poorte oopmaak voordat die Sabbatdag verby is nie. Ek het party van my manne by die poorte laat staan om te kyk dat daar nie goed inkom op die Sabbatdag nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het toe beveel dat die stadshekke gesluit moes word sodra dit begin donker word op die Vrydagaand voor die sabbat en dat hulle nie weer oopgesluit mag word voordat die sabbat verby was nie. Ek het van my eie mense aangestel om die hekke op te pas om seker te maak dat niks die stad inkom nie.