Nehemiah 13:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Het julle vaders nie so nie, en het onse God nie al hierdie onheil oor ons en oor hierdie stad gebring nie? tog bring julle nog meer toorn oor Israel deur die sabbat te ontheilig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Is dit nie genoeg dat julle voorouers presies net so opgetree het nie? Dit is die rede hoekom ons God al hierdie rampe oor hierdie stad gebring het. Julle veroorsaak nog net meer woede teen die mense van Israel deur toe te laat dat hulle die Sabbat so misbruik.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Het julle vaders nie so gehandel, sodat onse God oor ons en oor hierdie stad al hierdie onheil gebring het nie? Ja, julle vermeerder die toorngloed oor Israel deur die sabbat te ontheilig! |
| Afrikaans 1983 | Dit is presies wat julle voorvaders gedoen het, sodat ons God al hierdie onheil oor ons en oor hierdie stad gebring het! Nou vererger julle die toorn wat op Israel rus deur die sabbat te ontheilig!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Het julle voorouers nie net so gemaak nie? Ons God het al hierdie onheil toe oor ons en oor hierdie stad gebring. Julle vermeerder die toorngloed oor Israel deur die Sabbat te ontheilig.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle voorvaders het dit ook gedoen, en ons God het al hierdie slegte dinge laat gebeur met ons en met die stad. Julle maak Hom nog meer kwaad wanneer julle die Sabbatdag ontwy.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Was dit nie presies wat julle voorouers gedoen het nie? Dit is oor sulke dinge dat hierdie stad vernietig is. Al wat nou gaan gebeur, is dat God weer verskriklik kwaad gaan word omdat julle toelaat dat die sabbat so verkeerd gehou word.” |