Nehemiah 13:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het ek met die edeles van Juda getwis en vir hulle gesê: Wat is dit vir 'n slegte ding wat julle doen en die sabbatdag ontheilig? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het die leiers van Juda aangespreek en vir hulle gesê: “Hoe kan julle so verkeerd optree? Julle misbruik die Sabbatdag! |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het met die edeles van Juda getwis en vir hulle gesê: Watter verkeerde ding is dit wat julle doen, dat julle die sabbatdag ontheilig? |
| Afrikaans 1983 | Ek het die vooraanstaande burgers van Juda sterk aangespreek en vir hulle gesê: “Hoe kan julle so 'n verkeerde ding doen dat julle die sabbat ontheilig? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het die hoëlui van Juda verwyt, en vir hulle gevra: “Wat is hierdie bose ding wat julle aanvang? Julle ontheilig die Sabbatdag! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het geraas met die leiers van Juda en vir hulle gesê: “Hoekom doen julle hierdie verkeerde ding? Julle ontwy die Sabbatdag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het ernstig met die leiers van Juda hieroor gepraat: “Besef julle nie dat julle die sabbat verkeerd hou as julle sulke goddelose goed toelaat nie?” het ek gevra. |