Nehemiah 13:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar het ook manne van Tirus daarin gewoon wat vis en allerhande ware gebring en op die sabbat aan die kinders van Juda en in Jerusalem verkoop het.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was ook mense wat van Tirus afkomstig was wat vis en ander handelsprodukte gebring het. Hulle het dit op die Sabbat aan die mense van Juda verkoop, en dit in Jerusalem!
Afrikaans 1933/1953 Ook die Tiriërs wat daar gewoon het, het vis en allerhande koopware ingebring en op die sabbat aan die kinders van Juda selfs in Jerusalem verkoop.
Afrikaans 1983 Die Tiriërs wat in Jerusalem gewoon het, het vis en allerhande koopware ingebring en op die sabbat aan die Judeërs en in Jerusalem verkoop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die mense van Tirus wat in die stad woon, het vis en allerhande koopware ingebring en dit op die Sabbat verkoop aan die Judeërs – en dit in Jerusalem!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar het ook mense van Tirus gewoon in Jerusalem, en hulle het vis en ander goed op die Sabbatdag verkoop aan die mense van Juda en Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar het ook mense van Tirus in Jerusalem gebly en hulle het vis en allerhande ander goed in die stad ingebring en dit op die sabbat aan die mense in Jerusalem verkoop.