Nehemiah 13:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In daardie dae het ek in Juda gesien hoe sommige op die sabbat parskuipe trap en gerwe inbring en esels inlaai; soos ook wyn, druiwe en vye en allerhande laste wat hulle op die sabbatdag in Jerusalem ingebring het; en Ek het teen hulle getuig op die dag waarop hulle voedsel verkoop het.
Afrikaans (NLV) 2011 In daardie tyd het ek gesien hoe party van Juda se mense op die Sabbat wyn pars. Hulle het ook bondels koringgerwe aangedra en op donkies gelaai. Meer nog, hulle het wyn, druiwe, vye en allerlei ander produkte gebring om in Jerusalem op die Sabbat te verkoop. Ek het hulle gewaarsku om nie op dié dag kos te verkoop nie.
Afrikaans 1933/1953 In die dae het ek in Juda mense gesien wat op die sabbat die parskuipe trap en vragte koring, op esels gelaai, inbring, en ook wyn, druiwe en vye en allerhande vragte met goed, en dit op die sabbatdag in Jerusalem inbring; en ek het hulle gewaarsku op die dag toe hulle lewensmiddele verkoop het.
Afrikaans 1983 Daardie tyd het ek in Juda gesien dat mense die wynpers op die sabbat trap, en vragte koring en ook wyn, druiwe, vye en allerhande pakke op donkies laai en in Jerusalem inbring op die sabbat. Ek het hulle gewaarsku om nie op dié dag kos te verkoop nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In daardie tyd het ek in Juda mense gesien wat op die Sabbat druiwe uittrap in parskuipe, en graangerwe inbring wat hulle op donkies gelaai het, ook wyn, druiwe, vye en allerhande ander vragte, en dit dan in Jerusalem inbring op die Sabbatdag. Ek het hulle dadelik tereggewys oor hulle verkoop van lewensmiddele.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het in daardie tyd in Juda gesien dat mense op die Sabbatdag werk. Hulle het die parskuipe getrap en ander mense het vragte koring op donkies gelaai en ook wyn en druiwe en vye en ander goed. Hulle het dit in Jerusalem ingebring op die Sabbatdag. Ek het vir hulle gesê hulle mag nie op die Sabbatdag goed verkoop nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In daardie tyd het ek gesien hoe die mense van Juda op ’n sabbat by hulle wynperse werk. Dit was nie al nie; hulle het ook sakke vol koring, wyn, vye en allerhande ander handelsware op hulle donkies gelaai en dit Jerusalem toe gevat om dit daar te gaan verkoop. Ek het hulle gewaarsku om nie sulke goed op ’n sabbat te doen nie.