Nehemiah 13:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het ek met die owerstes getwis en gesê: Waarom is die huis van God verlaat? En ek het hulle bymekaargemaak en hulle op hulle plek gestel.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het onmiddellik die leiers voor stok gekry en gevra: “Waarom het julle die tempel van God verwaarloos?” Ek het ook die Leviete laat terugkom om hulle pligte te hervat.
Afrikaans 1933/1953 En ek het met die leiers getwis en gesê: Waarom is die huis van God in verwaarlosing? En ek het hulle bymekaar laat kom en hulle weer op hulle pos aangestel.
Afrikaans 1983 Ek het die ampsdraers sterk aangespreek en gesê: “Waarom is die tempel verwaarloos?” Daarna het ek die Leviete weer bymekaargemaak en in hulle poste teruggeplaas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het die gesagsdraers verwyt en gevra: “Waarom word die huis van God verwaarloos?” Toe het ek die Leviete byeengebring en hulle op hulle plekke laat aantree.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het met die leiers geraas en vir hulle gesê: “Hoekom het julle nie die tempel netjies gehou en reggemaak nie?” Ek het die Leviete laat terugkom en ek het hulle weer daar laat werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het met die leiers geraas omdat hulle toegelaat het dat die tempel verwaarloos word. Daarna het ek die Leviete en die tempelmusikante gaan haal sodat hulle weer hulle werk vir die Here kon doen.