Nehemiah 13:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het bemerk dat die gedeeltes van die Leviete nie aan hulle gegee is nie; want die Leviete en die sangers wat die werk gedoen het, is gevlug, elkeen na sy land toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het ook ontdek dat die Leviete nie hulle deel van die graanoffers gekry het nie. Hulle en die sangers wat diens gedoen het, het daarom na hulle eie grond toe teruggegaan.
Afrikaans 1933/1953 Ook het ek verneem dat die aandele van die Leviete nie gegee is nie, sodat die Leviete en die sangers wat die dienswerk moes verrig, elkeen na sy grond gevlug het.
Afrikaans 1983 Verder het ek uitgevind dat die Leviete nie hulle aandeel aan onderhoud ontvang het nie, en dat hulle en die sangers wat dienswerk moes doen, weg is, elkeen na sy eie grond toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het ook verneem dat die rantsoene van die Leviete nie gegee is nie, en dat hulle, die Leviete en die sangers wat moes diens doen, padgegee het, elkeen na sy grond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gehoor dat die Leviete nie kos gekry het nie, en dat hulle teruggegaan het na hulle grond om daar te werk. Die Leviete en die mense wat gesing het, moes die werk by die tempel doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het ook gehoor dat die Leviete nie hulle deel van die offers gekry het nie. Daarom is die meeste van hulle en die tempelmusikante elkeen terug na sy eie plaas toe.