Nehemiah 13:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Op dié dag het hulle voor die gehoor van die volk uit die boek van Moses gelees; en daarin is geskrywe gevind dat die Ammoniet en die Moabiet nie vir ewig in die vergadering van God sou kom nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Op daardie selfde dag het hulle ook die boek van Moses vir die mense voorgelees. In die boek was ’n opdrag dat geen Ammoniet of Moabiet ooit in ’n byeenkoms van die volk van God mag kom nie.
Afrikaans 1933/1953 Op die dag is daar voor die ore van die volk voorgelees uit die boek van Moses, en daarin het geskrywe gestaan dat geen Ammoniet of Moabiet tot in ewigheid in die vergadering van God mag kom nie,
Afrikaans 1983 Daardie dag is daar ten aanhore van die volk voorgelees uit die boek van Moses, en daar is geskryf gevind dat 'n Ammoniet of Moabiet nooit in die gemeente van God mag kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In daardie tyd is daar ten aanhore van die volk voorgelees uit die •boekrol van Moses. Daar is toe ontdek dat daarin geskryf staan dat 'n Ammoniet of 'n Moabiet tot in ewigheid nie in die byeenkoms van God mag kom nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daardie dag het die mense gehoor dat die Boek van Moses sê: “Daar mag nooit Ammoniete of Moabiete in die volk van God wees nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In daardie tyd, terwyl hulle gedeeltes uit die boek van Moses vir die volk voorgelees het, het hulle op die gedeelte afgekom wat sê dat geen Ammoniet of Moabiet ooit in God se gemeente toegelaat moes word nie.