Nehemiah 12:47 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hele Israel het in die dae van Serubbábel en in die dae van Nehemía die porsies van die sangers en die poortwagters gegee, elke dag sy deel; en hulle het heilige gawes aan die Leviete geheilig; en die Leviete het dit aan die kinders van Aäron geheilig.
Afrikaans (NLV) 2011 In die tyd van Serubbabel en Nehemia het die hele Israel vir die sangers en die poortwagte se onderhoud gesorg soos dit elke dag nodig was. Hulle het ook vir die Leviete die deel gegee wat hulle toekom. Die Leviete het op hulle beurt weer gesorg dat die priesters, die nageslag van Aäron, dié deel kry wat hulle toekom.
Afrikaans 1933/1953 En die hele Israel het in die dae van Serubb bel en in die dae van Nehem¡a die aandele van die sangers en van die poortwagters gegee, na die eis van elke dag; en hulle het die heilige gawes afgegee aan die Leviete, en die Leviete aan die seuns van Aäron.
Afrikaans 1983 In die tyd van Serubbabel en Nehemia het die hele Israel vir die sangers en die poortwagte se onderhoud gesorg soos dit elke dag nodig was. Hulle het ook die offergawes vir die Leviete opsy gesit en die Leviete het dan weer dié van die priesters opsy gesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hele Israel het in die tyd van Serubbabel en in die tyd van Nehemia telkens die rantsoene aan die sangers en poortwagte verskaf, volgens die behoeftes van elke dag. Hulle het ook •heilige gawes vir die Leviete gegee, en die Leviete het dit vir die seuns van Aäron gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die tyd toe Serubbabel en Nehemia goewerneurs was, het al die Israeliete elke dag gesorg vir die mense wat moes sing en vir die poortwagte. Hulle het die gewyde presente vir die Leviete gewy, en die Leviete het die deel gewy wat die priesters moes kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In Serubbabel en Nehemia se tyd het die mense elke dag gesorg dat die sangers en die hekwagte genoeg kos gehad het. Hulle het ook vir die Leviete die deel gegee wat hulle toekom. Dié het weer op hulle beurt gesorg dat die priesters ook hulle deel kry.