Nehemiah 12:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want in die dae van Dawid en Asaf van ouds was daar owerstes van die sangers, en lofsange en danksange tot eer van God.
Afrikaans (NLV) 2011 Die tradisie om koorleiers te hê wat die koor in lof- en dankliedere lei, het reeds in die tyd van Dawid en Asaf al bestaan.
Afrikaans 1933/1953 Want in die dae van Dawid en Asaf, van die voortyd af, lê die oorsprong van die sangers en leiers van die lofsang en die danksegging aan God.
Afrikaans 1983 Daar was reeds in die ou tyd, in die tyd van Dawid en Asaf, leiers van die sangers met die oog op die lof- en dankliedere ter ere van God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, van die vroegste tye af, reeds in die dae van Dawid en Asaf, was daar sangleiers en was daar lofliedere en danksegging ter ere van God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Lank gelede, in die tyd toe Dawid koning was en toe Asaf gelewe het, was daar 'n leier van die mense wat moes sing om vir God te prys en dankie te sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was alreeds in die tyd van Dawid en Asaf die gebruik om musikante en sangers te hê wat die lofprysing in die tempel tot eer van God gelei het.