Nehemiah 12:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So het die twee menigte van die loflieds in die huis van God gestaan, en ek en die helfte van die owerstes saam met my. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die twee kore het daarna hulle plekke in die tempel ingeneem. Ek en die helfte van die leiers saam met my het dieselfde gedoen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die twee kore in die huis van God gaan staan, en ek en die helfte van die leiers met my saam; |
| Afrikaans 1983 | Die twee kore het daarna in die tempel plek ingeneem, ek ook, en die helfte van die ampsdraers saam met my. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna het die twee kore vir dankliedere hulle plekke in die huis van God ingeneem, ook ek en die helfte van die gesagsdraers saam met my, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het die twee groepe wat moes sing, in die tempel gaan staan. Ek het ook daar gaan staan, en die helfte van die leiers het saam met my gaan staan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die twee kore is toe van daar af tempel toe waar hulle op die plek wat vir hulle aangewys is, gaan staan het. Ek en die groep leiers saam met my het ook ons plekke ingeneem. |